Editorial / Redaksioneel 

Hierdie is ’n geskiedkundige uitgawe van De Jure - om verskeie redes. Eerstens is dit die eerste uitgawe wat deur die Fakulteit Regsgeleerdheid se eie uitgewers, PULP, uitgegee word. LexisNexis, of Butterworths, soos hulle vroeër bekendgestaan het, het oor baie jare ’n lang pad saam met die Fakulteit geloop en tesame diep spore in die regslandskap van Suid-Afrika gelaat. Die toenemende druk op kommersiële uitgewers om wins te toon in moeilike ekonomiese toestande en die lae sirkulasie syfers van akademiese tydskrifte en veral regstydskrifte, het onvermydelik beteken dat die status quo nie meer volhoubaar was nie. Die skeiding was onvermydelik, maar dit was vriendskaplik en beide partye sal nog lank op ander vlakke saamwerk.

Dit is ook die eerste uitgawe wat by wyse van ooptoegang gratis op die Internet gepubliseer word. Daar sal steeds ’n beperkte oplaag hardekopie eksemplare gedruk word, maar De Jure betree met hierdie uitgawe uiteindelik die 21ste eeu van grootskaalse verspreiding van elektroniese inligting. Daarmee word ook gepoog om die navorsing wat in De Jure gepubliseer word, aan ’n groter gehoor beskikbaar te stel. Die doel van akademiese navorsing en die publikasie daarvan is immers om deel te neem aan ’n diskoers wat sy beslag meer as tweeduisend jaar gelede gehad het. Met die publikasie van De Jure gratis op die Internet word die deure van die debat nou wyd oopgegooi. So spreek die stem van elke outeur wat tot hierdie uitgawe bygedra het, nou luider as tevore en sal dit uiteindelik veel meer ore (of oë) bereik.

It is a real pity that the judiciary seems to withdraw more and more from this debate. Articles and notes published inlaw journals are cited in judgments with ever decreasing regularity. There can be many reasons for this: The courts are overloaded with work and there is a proliferation of legal academic research which is published. It becomes more and more difficult for judges who are overburdened to keep abreast of recent articles and case notes. Or perhaps counsel is to blame for not making enough use of journal articles and notes in their arguments before court. Perhaps judges, advocates and attorneys do not read law journals any more. Or perhaps the academic community has lost touch with the realities and needs of practise.Be it as it may, what is the point of conducting and publishing legalresearch if it becomes a separate parallel discourse, if it ends up sitting on a shelf gathering dust? Our law is the product of a robust debate in which various actors have participated over millennia. And it was for good reason that the study of law played a major part in the establishment of the first universities. Academic lawyers should take care to ensure that they do not get sidelined in this discourse. Hopefully, the open access platform will facilitate the dissemination of information so that more and more judges, advocates and attorneys will tap into the wealth of knowledge and hopefully we will find that academia has not yet lost all touch with the real world out there.

Dit is uiters belangrik dat ’n akademiese regstydskrif steeds relevant moet bly vir die gemeemskap wat dit bedien. Gevolglik is dit nodig om ook erkenning te verleen aan die feit dat ons gemeenskap, met inbegrip van die regsprofessies, heterogeen en veeltalig is. Hierdie uitgawe maak daarom voorts geskiedenis met die plasing van die eerste artikel in Sepedi. Daarmee word op ’n konkrete wyse uitvoering gegee aan die Grondwetlike beginsel van veeltaligheid. Dit is ’n beginsel waaraan dikwels slegs lippediens gedoen word en wat meesal sommer net verontagsaam word. Daarmee word ook gepoog om die rassistiese persepsie dat hoëvlak akademiese diskoers nie in die inheemse tale gevoer kan word nie, hok te slaan. Die Redaksie spreek hiermee die wens uit dat dit slegs die eerste sal wees van vele artikels in die ander amptelike tale wat so misken word. Hierdie uitgawe toon ook ’n mate van oplewing in Afrikaanse bydraes en eweneens word die hoop uitgespreek dat die oplewing blywend van aard is en momentum sal kry.

Prof SJ Cornelius
REDAKTEUR