Search De Jure Law Journal

Editorial: 45 Volume 1 2012

Editorial/Redaksioneel

Die huidige LLB-leergang kom in hierdie uitgawe onder die loep en die vraag is of dit voldoen aan die verwagtinge van studente en hulle toerus om tot die regspraktyk toe te tree. Die vraag is voorts, tot watter mate kan die leergang ook aangepas word om voorsiening te maak vir ware gemeenskapsgebaseerde onderrig.

Dat die huidige vier jaar-LLB-leergang ernstige gebreke toon, is nie altemit nie. Dit sal waarskynlik nie moontlik wees om studente in alle opsigte vir die praktyk voor te berei tydens hulle LLB-studies nie. Dit is waarom klerkskap vir kandidaatprokureurs of pupilskap vir advokate by die Balie steeds van groot belang is. Maar die LLB-graad is en bly ’n professionele kwalifikasie en die leerplan moet van tyd tot tyd heroorweeg word om te bepaal of dit steeds aan die behoeftes van die professies voldoen.

Een van die grootste tekortkominge in die huidige leergang is die karige taalopleiding wat studente ondergaan. Regslui het slegs een stuk gereedskap en dit is taal. Of dit nou die geskrewe of die gesproke woord is, iemand wat nie met groot vaardigheid met taal kan omgaan nie, is nie bevoeg om ’n prokureur, advokaat of regsadviseur te wees nie. Waar regstudente in die verlede minstens drie tale op ’n taamlike gevorderdevlak moes neem, is die taalvereistes en die taalkursusse nou so afgewater dat studente vir alle praktiese doeleindes nie die nodige geletterheidsvlakke het om doeltreffend die regsberoep te betree nie. Dit is ’n tendens wat nie alleen in Suid-Afrika voorkom nie, maar kollegas in baie ander lande opper dieselfde probleme.

’n Ander verskynsel wat oraloor begin kop uitsteek, is die opvatting dat wetgewing alle probleme oplos. Waaneer bepaalde sosioekonomiese of ander probleme opduik, is daar onmiddelik ’n beroep om meer wetgewing uit te vaardig sonder om ag te slaan op bestaande gemeenregtelike of statutêre maatreëls wat dalk reeds die probleem aanspreek. Die klem rus op die skepping van regsreëls wat dikwels niks nuuts bydra nie, terwyl die doeltreffende toepassing van bestaande of nuwe maatreëls bykans geen aandag geniet nie. Die chaos waarin die kantoor vir verbruikersbeskerming ten tyde van die skryf hiervan verkeer het, is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Daar was oor die afgelope tien jaar verskeie stukke wetgewende maatreëls wat die reg opbepaalde terreine ingrypend verander het. Hier dink ’n mens veral op wetgewing wat van toepassing is op kredietooreenkomste, verbruikersbeskerming, minerale, ensovoorts.

The National Credit Act 34 of 2005 and the Consumer Protection Act 68 of 2008 and the Consumer Protection Act 68 of 2008 have changed the landscape of consumer contracts forever. Some of the changes wer elong overdue, but many have caused more questions than they have answered. Furthermore, neither of these two pieces of legislation are examples of clear and concise drafting. It is therefore not surprising that, even years after the two acts were passed into law, this volume of  De Jure still contains multiple contributions which address various aspects of consumer credit.

Similarly, the Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 of 2002 remains contentious and the issue of nationalisation of minesremains a sensitive issue. As expected, this volume again contains contributions dealing with that act, as well as issues relating to the taxation of mining operations.

’n Verdere onderwerp wat altyd emosies aanwakker, is wanneer en deur wie die besluit geneem kan word om mediese behandeling te staak. In 2011 was daar ’n bydra in twee dele wat die reg van die individu om self vooraf te besluit, aangespreek het. Hierdie volume bevat ’n bydrae oor die posisie in die Verenigde State van Amerika, waar ouers van gestremde kinders vooraf sou aandui dat skole nie bepaalde mediese ingrype mag toelaat nie. Soos altyd is die vraag belaai met emosie en botsende belange wat teen mekaar opgeweeg moet word.

Prof SJ Cornelius
REDAKTEUR